Wortelgroente

Wortelgroente is almal groente wat geken word aan hul voedsame stoororgane. Dit is tweejarige kruidgewasse wat gedurende die herfs bogronds afsterf nadat ʼn groot hoeveelheid voedsel ondergronds in ʼn gespesialiseerde wortel of stam opgegaar is. Die voedsel in hierdie sogenaamde stoororgaan is oorwegend suiker en stysel. Na winter groei ʼn nuwe spruit, waaruit ʼn stam, blare en blomme mettertyd ontwikkel, uit die stoororgaan.

Sodra die saad gevorm is, is die lewenskringloop voltooi en sterf die plant. Daar is ʼn geneigdheid om van hierdie stoororgane as wortels te praat, maar in sommige gevalle, byvoorbeeld by die aartappel, is dit ʼn geval van ʼn ondergrondse stam. In teenstelling met die oermens, wat in die grond gegrawe het op soek na eetbare wortels van wilde plante, word wortelgroente vandag op groot skaal gekweek.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search